Stad Manchester-stadion | ||
UEFA Kategorie 4 Stadion[1] | ||
Die Stad Manchester-stadion tydens ’n vriendskaplike wedstryd tussen Celtic FC en Manchester City FC
| ||
Bynaam | Etihadstadion | |
---|---|---|
Ligging | Manchester, Engeland | |
Koördinate | 53°28′59″N 2°12′1″W / 53.48306°N 2.20028°W | |
Eienaar | Manchesterse Stadsraad | |
Operateur | Manchester City FC | |
Kapasiteit | 41 000 – 2002 Gemenebesspele 47 805 – Plaaslike sokker[2] 45 500 – UEFA-gereguleerde sokker[3] 60 000 – musiekkonserte | |
Oppervlak | Desso GrassMaster | |
Konstruksie | ||
Gebou | 1997 | |
Geopen | 25 Julie 2002 (as atletiekstadion) 10 Augustus 2003 (as sokkerstadion) | |
Uitgebrei | 2002–2003 | |
Boukoste | £112 miljoen (atletiekstadion)[4] £22 miljoen (omskakeling na sokker)[4] £20 miljoen (uitrusting van sokkerstadion)[4] | |
Argitek | Arup Sport (stadionontwerp) KSS Ontwerpgroep (binnenshuis) Populous (uitbreiding) | |
Struktuuring. | Arup Associates | |
Hoofkontrakteurs | Laing Construction Ltd. Laing O’Rourke Watson Steel Ltd. | |
Huurders | ||
Manchester City FC |
Stad Manchester-stadion (ook bekend as die Etihadstadion weens borgskapredes[5]) is ’n stadion in Manchester in Engeland. Dit is die tuisveld van Manchester City FC, die vyvde grootste stadion in die Premier League en die twaalfde grootste stadion in die Verenigde Koninkryk met sitplek vir 47 805 mense.[2][6]
Die ligging van SportCity maar met ’n groter stadion is voorgestel as die primêre atletiestadion in Manchester se mislukte Olimpiese bod vir die Olimpiese Somerspele 2000.[7] In die bod om die Gemenebesspele 2002 sou die kapasiteit van die stadion 38 000 wees en na die spele sou dit omgeskakel word na 48 000. Die stadion is gebou deur Laing Construction teen ’n onkoste van £112 miljoen[4][8] na ’n ontwerp deur Arup Associates, ’n argitektuurkonsultasiegroep.[9]
Om die langtermyntoekoms van die stadion na die Gemenebesspele te verseker is ooreengekom dat Manchester City FC die stadion by die Manchesterse Stadsraad sou huur as ’n plaasvervanger vir Maine Road. Die omskakeling van ’n atletiekstadion na ’n sokkerstadion het die stadsraad £22 miljoen en vir Manchester City £20 miljoen gekos.[4][8] Die klub het in 2003 na die nuwe stadion verhuis.
Buiten atletiek het die stadion gasheer gespeel vir die UEFA-beker eindstryd in 2008, internasionale sokkerwedstryde van Engeland, ligarugbywedstryde, bokstitelgevegte, musiekkonserte[10] en een internasionale rugbywedstryd van die Rugbywêreldbeker 2015.[11]
Vanaf Januarie 2014 is die stadion oor 20 maande vergroot tot 62 170 sitplekke.[12] Die uitbreiding loop saam met die ontwikkeling en voltooiing van die Etihadkampus Opleidingsfasiliteit wat gedeeltelik deur Manchester City befonds word.[13]
Die Etihadstadion se kapasiteit is tans 47 805
Manchester City het bevestig dat die Stad Manchester-stadion na Etihadstadion hernoem sal word na die ondertekening van 'n tienjaarkontrak met die lugredery.