Stade Geoffroy-Guichard | ||
![]() | ||
Bynaam | Le Chaudron vert ("die Groen Ketel") L'Enfer vert ("die Groen Hel") | |
---|---|---|
Ligging | Saint-Étienne, Frankryk | |
Koördinate | 45°27′39″N 4°23′25″O / 45.46083°N 4.39028°O | |
Eienaar | Stad Saint-Étienne | |
Operateur | Saint-Étienne Métropole | |
Kapasiteit | 42 000 | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Eerste sooi gespit | September 1930 | |
Gebou | 1930–1931 | |
Geopen | 13 September 1931 | |
Renovasie | 1983–1984, 1996–1998, 2011–2014 | |
Uitgebrei | 1938, 1983 | |
Argitek | Meyer en Saidoun (1930) Berger en Jallon (1998) Chaix en Morel (2016) | |
Huurders | ||
AS Saint-Étienne |
Die Stade Geoffroy-Guichard is 'n meerdoelige stadion in die Franse stad Saint-Étienne. Dit is genoem na Geoffroy Guichard, die stigter van die Franse kettingwinkel-groep Casino. Guichard het die perseel gekoop waarop die stadion opgerig is, en ook die sokkerklub AS Saint-Étienne is oorspronklik deur Casino-werkers gestig.
In die Stade Geoffroy-Guichard word hoofsaaklik sokkerwedstryde gehou soos dié van die Europese Sokkerkampioenskap 1984, die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998, die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003 en die Europese Sokkerkampioenskap 2016. Die stadion word daarnaas ook vir rugbywedstryde gebruik en was een van die gasheerstadions van die Rugbywêreldbeker 2007 en die Rugbywêreldbeker 2023.
Die stadion dra die byname le Chaudron vert ("die Groen Ketel") en l'Enfer vert ("die Groen Hel") – 'n verwysing na die plaaslike sokkerklub AS Saint-Étienne se spankleure. Die byname is sedert die 1960's en 1970's gebruiklik toe die klub nog baie gewild was en groot getalle toeskouers gelok het. Die stadion se grootste aantal toeskouers was 47 000 in die jaar 1985.
Die stadion is op 13 September 1931 ingewy en die eerste wedstryd tussen AS Saint-Étienne en FAC Nice het vier dae later plaasgevind.