Stadionmk | ||
![]() | ||
Die stadion se noord- en oos-pawiljoene in 2016
| ||
Bynaam | Moo Camp[1] | |
---|---|---|
Ligging | Denbigh, Milton Keynes, Engeland | |
Koördinate | 52°00′34″N 00°44′00″W / 52.00944°N 0.73333°W | |
Eienaar | Inter MK | |
Kapasiteit | 30 500 | |
Oppervlak | Desso GrassMaster | |
Konstruksie | ||
Eerste sooi gespit | 17 Februarie 2005 | |
Gebou | 2007 | |
Geopen | 29 November 2007 | |
Argitek | Populous (toe HOK Sport) | |
Hoofkontrakteurs | Buckingham Group Contracting | |
Huurders | ||
Milton Keynes Dons FC |
Stadion mk (aanvanklik bekend as stadion:mk, stilisties as stadionmk en ook plaaslik as Denbighstadion[2][3]) is ’n sokkerstadion in die Denbighdistrik van Milton Keynes, Buckinghamshire, Engeland, met sitplek vir 30 500 mense. Die stadion is die tuisveld van Milton Keyns Dons FC.
Benewens sokker word die stadion ook soms vir rugbywedstryde aangewend. Die eerste rugbywedstryd wat in die stadion gespeel is, was in Mei 2008 toe Saracens (wat op daardie stadium Vicarage Road met Watford Voetbalklub gedeel het) teen Bristol gespeel het omdat Watford hul stadion vir ’n Kampioenskapuitspeelwedstryd benodig het.[4] In 2011 het Northampton Saints die stadion gebruik vir die kwart- en halfeindstryde van die Heinekenbeker omdat hul eie stadion te klein was. Die stadion het ook as gasheer vir drie wedstryde tydens die Rugbywêreldbeker 2015 gedien.[5]
{{cite web}}
: no-break space character in |title=
at position 36 (hulp)