Die staf van Asklepios (Grieks: Ράβδος του Ασκληπιού, Rábdos tou Asklipioú; Unicode-simbool: ⚕) in die Griekse mitologie is ’n staf wat deur ’n slang omstrengel word en wat behoort het aan die Griekse god Asklepios, wat met medisyne en genesing verbind is. Die simbool word steeds in moderne tye gebruik en word met gesondheidsorg verbind. Dit word egter dikwels verwar met die boodskapperstaf van Hermes (of Mercurius).