Stanislas Wawrinka tydens die VSA-Ope in 2016 | ||
Bynaam | Stan Wawrinka, Barry | |
---|---|---|
Land | Switserland | |
Woonplek | Monte Carlo, Monaco[1] | |
Geboortedatum | 28 Maart 1985[1] | |
Geboorteplek | Lausanne, Switserland[1] | |
Lengte | 1,83 m[1] | |
Gewig | 81 kg[1] | |
Afrigter | Dimitri Zavialoff (2002–2010) Peter Lundgren (2010–2012) Richard Krajicek (2016) Paul Annacone (2017) Daniel Vallverdú (2019–2022) Magnus Norman (2013–2017, 2018–2020, 2022–hede)[1] | |
Begin professioneel | 2002[1] | |
Spelstyl | Regshandig (eenhandig handrughou)[1] | |
Loopbaan-wengeld | $37 368 874 (soos op 27 Januarie 2025)[1] (10de van alle tye)[2] | |
Amptelike webblad | stanwawrinka.com | |
Enkelspel | ||
Loopbaanrekord | 578–364 (61,4%)[1] | |
Loopbaantitels | 16[1] | |
Hoogste rang | No. 3 (27 Januarie 2014)[1] | |
Huidige rang | No. 154 (27 Januarie 2025)[1] | |
Grand Slam-uitslae | ||
Australiese Ope | W (2014) | |
Franse Ope | W (2015) | |
Junior | W (2003) | |
Wimbledon | KE (2014, 2015) | |
VSA-Ope | W (2016) | |
Groot toernooie | ||
Toereindronde | HE (2013, 2014, 2015) | |
Olimpiese Spele | 2R (2008, 2024) | |
Dubbelspel | ||
Loopbaan-rekord | 81–106 (43,3%)[1] | |
Loopbaantitels | 3[1] | |
Hoogste rang | No. 88 (2 Februarie 2015)[1] | |
Huidige rang | No. – (27 Januarie 2025)[1] | |
Australiese Ope | 3R (2006) | |
Franse Ope | 3R (2006) | |
Wimbledon | 1R (2006, 2007) | |
VSA-Ope | 1R (2005) | |
Groot dubbelspeltoernooie | ||
Olimpiese Spele | Goue medalje (2008) | |
Laaste opgedateer op: 27 Januarie 2025. |
Stanislas "Stan" Wawrinka[3] (Frans: [stanislas vavʁiŋka]; gebore 28 Maart 1985) is 'n Switserse professionele tennisspeler. Hy is ook 'n Duitse burger, omdat sy vader 'n Duitser van Tsjeggiese afkoms is.
Wawrinka begin op 14-jarige ouderdom om aan internasionale junior-toernooie deel te neem. Hy verlaat skool op 15 om op tennis te fokus, maar sit sy studies deur afstandsonderrig voort. Sedert 2002 speel hy professioneel tennis. In 2005 word hy op die ATP-ranglys onder die beste 100 tennisspelers geplaas. In 2006 haal hy die top 50- en in 2008 die top 10-lys van spelers.
Tydens die Australiese Ope van 2014 wen hy sy eerste Grand Slam-toernooi. Hy skakel die tweede gekeurde Novak Djokovic tydens die kwarteindronde in 5 stelle uit. In die eindstryd wen hy die eerste gekeurde Rafael Nadal met 'n telling van 6–3, 6–2, 3–6 en 6–3. Hiermee skuif hy tot die nommer 3 posisie op die ATP se ranglys op. Tydens die Franse Ope van 2015 wen hy sy tweede Grand Slam-toernooi en tydens die VSA-Ope van 2016 sy derde.