'n Stedelike hitte-eiland (SHE) is 'n stedelike of metropolitaanse gebied wat as gevolg van menslike aktiwiteite aansienlik warmer as die omliggende landelike areas is. Die temperatuurverskille is snags groter as gedurende die dag, en is veral duidelik wanneer winde swak is. SHE'e is die opmerklikste in die somer en die winter. Die hoofoorsaak van die stedelike hitte-eiland effek is veranderde landoppervlakke.[1] Die minder algemene term hitte-eiland verwys na enige gebied, hetsy bevolk of nie, wat konstant warmer as die omligende area is.[2]