Stefka Kostadinova | |
---|---|
Volle naam | Stefka Georgieva Kostadinova |
Nasionaliteit | Bulgaar |
Geboortedatum | 25 Maart 1965 |
Geboorteplek | Plovdiv, Bulgarye |
Hoogte en gewig | 1,8 m 60 kg |
Uitgetree | 1997 |
Huidige amp | President: Bulgaarse Olimpiese Komitee |
Sportdissipline | Hoogspringatleet |
Afrigter | Nikolay Petrov |
Beste prestasie | Wêreldrekordhouer in hoogspring vir vroue |
Wêreldkampioenskap | Wenner in Rome, 1987 |
Olimpiese kampioen | Goud in Atlanta, 1996 |
Eggenoot | Nikolai Popvasilev (get. 2007) |
Stefka Kostadinova van Bulgarye was vir etlike jare die wêreldrekordhouer in hoogspring vir vroue. Sy het dit op 30 Augustus 1987 in Rome opgestel met 'n sprong van 2,09 meter. Na 37 jaar is haar rekord in 2024 met 'n sprong van 2,10 m deur Yaroslava Mahuchikh verbeter.
Gedurende haar internasionale loopbaan het sy vele kere die hoogste louere ingeoes, waaronder goud tydens die 1996 Olimpiese Spele in Atlanta. Gedurende die 1997-seisoen moes sy haar egter onttrek weens 'n kuitbesering aan die linkerbeen, wat haar na twee operasies gedwing het om uit te tree.
Op 11 November 2005 is sy tot president van die Bulgaarse Olimpiese Komitee verkies, met 42 stemme teenoor die 38 van Svetlana Otsetova.