Steglitz | |
---|---|
Stadsdeel | |
Die winkelstraat Schlossstraße | |
Ligging in Berlyn | |
Koördinate: 52°27′28″N 13°19′23″O / 52.45778°N 13.32306°O | |
Land | Duitsland |
Deelstaat | Berlyn |
Distrik | Steglitz-Zehlendorf |
Stigting | Omstreeks 1230 |
Oppervlak | |
• Totaal | 6,79 km2 (2,62 vk. myl) |
Hoogte | 52 m (171 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 74 242 |
• Digtheid | 10 934/km2 (28 320/vk. myl) |
Tydsone | UTC+1:00 (MET) |
• Somertyd | UTC+2:00 (MEST) |
Poskode | 12157, 12161, 12163, 12165, 12167, 12169 |
Skakelkodes | 030 |
Steglitz is 'n Berlynse stadsdeel in die administratiewe distrik Steglitz-Zehlendorf wat sy oorsprong in die gelyknamige Brandenburgse dorp het. Toe Steglitz in 1920 as deel van administratiewe hervormings saam met die aangrensende nedersettings Lichterfelde, Lankwitz en Südende by Berlyn ingesluit is, was dit die grootste dorp in Pruise met 'n bevolking van 93 000. Om nie die belastinginkomste uit Steglitz te verloor nie, het die destydse landelike distrik Teltow, waarvan Steglitz voor sy inlywing by die Duitse hoofstad deel uitgemaak het, geskroom om stadstatus aan die nedersetting toe te ken.[1]