| |||||
| |||||
![]() | |||||
Hoofstad | Vrijburg 26°57′S 24°44′O / 26.950°S 24.733°O | ||||
Taal/Tale | Nederlands, Afrikaans, Tswana | ||||
Godsdiens | Nederduits Gereformeerde Kerkfamilie | ||||
Regering | Republiek | ||||
Administrator | |||||
- van Stellaland | Gerrit Jacobus van Niekerk | ||||
- van Goosen | Nicolaas Claudius Gey van Pittius | ||||
Wetgewer | Die Bestuur | ||||
Geskiedenis | |||||
- Stigting | 26 Julie 1882 | ||||
- Stigting van Goosen | Oktober 1882 | ||||
- Unifikasie | Augustus 1883 | ||||
- Anneksie deur die Zuid-Afrikaansche Republiek | September 1884 | ||||
- Britse inval | Desember 1885 | ||||
- Britse anneksie | Augustus 1885 | ||||
Oppervlakte | |||||
- Stellaland[1] | 15 500 km2 5 985 sq mi | ||||
- Goosen[1] | 10 400 km2 4 015 sq mi | ||||
Bevolking | |||||
- Stellaland[1] skatting | 20 500 | ||||
Digtheid | 1,3 /km² 3,4 /sq mi | ||||
- Goosen[1] skatting | 17 000 | ||||
Digtheid | 1,6 /km² 4,2 /sq mi | ||||
Geldeenheid | Pond (£) |
Stellaland, amptelik Republiek Stellaland & Het Land Goosen, ná die unifikasie met Goosen Verenigde Staten van Stellaland, was vanaf 1882 tot 1885 'n onafhanklike Boererepubliek in die noordelike deel van die destydse Kaapkolonie en nou deel van Suid-Afrika.
Vandag word die naam steeds gebruik om die streek aan te dui wat die dorpe Vryburg, Stella en Reivilo insluit, asook kleiner plekke soos Bray, Tosca en Vorstershoop.
Die naam kom van Stella, die Latynse woord vir ster en is blykbaar gekies omdat daar 'n komeet in die nagruim sigbaar was tydens die gevegte wat aanleiding gegee het tot die stigting van die republiek. Daar is ook 'n dorp met die naam Stella naby Vryburg.