’n Steruitbarsting-sterrestelsel (Engels: starburst galaxy) is ’n sterrestelsel wat ’n buitengewoon aktiewe stervorming ondergaan. Sterrestelsels het dikwels ’n steruitbarsting ná ’n botsing of amper-botsing met ’n ander sterrestelsel. Die tempo van stervorming in sulke stelsels is so groot dat as die tempo gehandhaaf sou word, die gasbronne waaruit die sterre gevorm word, opgebruik sou wees in tye baie korter as die ouderdom van die stelsel. Daarom word geglo steruitbarstings is tydelik. Bekende steruitbarsting-sterrestelsels sluit in Messier 82, NGC 4038/NGC 4039 (die Antennae-stelsels) en IC 10.