Stervorming is die proses waardeur digte streke in molekulêre wolke in die interstellêre ruimte, soms "sterkwekerye" of "stervormingsgebiede" genoem, ineenstort en sterre vorm.[1] As ’n tak van sterrekunde sluit stervorming die bestudering van die interstellêre medium (ISM) en reusagtige molekulêre wolke as voorlopers van die stervormingsproses in, asook van protosterre en jong stervoorwerpe. Dit is nou verwant aan planeetvorming, ’n ander tak van sterrekunde.
Die meeste sterre vorm nie alleen nie, maar as deel van ’n groep, wat ’n sterreswerm of sterassosiasie genoem word.[2]