Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Stockholmsindroom is ’n sielkundige fenomeen waarin gyselaars empatie betoon en positiewe gevoelens openbaar teenoor hul oorweldigers, soms in so ’n mate dat hulle die oorweldigers verdedig. Hierdie gevoelens word oor die algemeen as irrasioneel beskou in die lig van die gevaar of risiko waartoe die gyselaars hulself onderwerp. Die gyselaars beskou dan verkeerdelik die gebrek aan mishandeling van hul oorweldigers as ’n goedgunstige daad.[1][2] Die FBI van Amerika se Gyselaarsversperringsdatabasisstelsel toon dat ongeveer 27% van slagoffers tekens van Stockholmsindroom toon.[3]
Stockholmsindroom kan beskou word as ’n vorm van traumatiese gebondenheid of gevangenskap, wat nie noodwendig deur ’n gyselaarscenario plaasvind nie, maar wat “sterk emosie beskryf wat ontwikkel tussen twee mense waar een persoon die ander met tussenposes teister, dreig, slaan, mishandel of intimideer.”[4]
Mishandelde vrou-sindroom is ’n voorbeeld van die aktivering van die sielkundige meganisme van gevange-gebondenheid. So ook is basiese militêre opleiding en eerstejaarsontgroening aan universiteite.[5][6][7]
Daar word soms verkeerdelik na Stockholmsindroom as Helsinkisindroom verwys.[8][9]
{{cite journal}}
: More than one of |work=
en |journal=
specified (hulp)AS1-onderhoud: meer as een naam (link) AS1-onderhoud: onerkende taal (link)
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)