Die Stonewall Inn, dikwels net Stonewall genoem, is ’n gay kroeg in die buurt Greenwich Village van Manhattan, New York. Dit was in 1969 die terrein van die Stonewall-onluste, wat algemeen beskou word as die belangrikste enkele gebeurtenis wat in Amerika en die wêreld tot die gaybevrydingsbeweging en die moderne stryd om LGBT-regte gelei het.[1]
Die oorspronklike kroeg, wat in 1969 gesluit het, was te Christopherstraat 51 tot 53 geleë.[2] Die Stonewall het in 1972 onder dieselfde bestuur te 22ste Straat 211 in Miami Beach heropen, maar het twee jaar later afgebrand.[3][4] In 1990 het ’n kroeg as "Stonewall" geopen in die westelike helfte van die oorspronklike gebou in Manhattan (Christopherstraat 53). Die gebied daaromheen is in 1969 verklaar tot die Greenwich Village- historiese distrik en die gebou self is in 2000 verklaar tot ’n nasionale historiese landmerk.
Op 24 Junie 2016 is die Stonewall- nasionale monument afgekondig, die eerste sodanige monument wat aan die LGBT-gemeenskap gewy is.[5]