Die Straat van Tartarye (Russies: Татарский пролив; Chinees: 韃靼海峽, Dádá hǎixiá; Japannees: 間宮海峡, Mamiya kaikyō; Koreaans: 타타르 해협) is ’n seestraat in die Stille Oseaan wat die Russiese eiland Sachalin van die Asiatiese vasteland (Suidoos-Rusland) skei en die See van Ochotsk in die noorde met die See van Japan in die suide verbind. Dit is 632 km lank, 7-342 km breed en op sy diepste punt minder as 210 m diep.[1]