Streepkopkanarie | |
---|---|
![]() | |
C. g. humilis te Witsand, Wes-Kaap, en 'n roep van C. g. gularis in Gauteng | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. gularis
|
Binomiale naam | |
Crithagra gularis (Smith, 1836)
| |
Sinonieme | |
Serinus gularis |
Die Streepkopkanarie (Crithagra gularis) is 'n saadvretertjie wat algemeen van die suidkus tot die subtrope van suidelike Afrika voorkom. Hulle is standvoëls in boomveld, ruigtes en struikgewas, veral teen rante of in heuwelagtige gebiede, waar hulle dikwels op aalwyne gesien word. Die voël is 15 cm groot en weeg 12 - 25 gram. In Engels staan dit as die Streaky-headed seedeater bekend.