Stuttgarter Kickers

Stuttgarter Kickers

Volledige naam Sportverein Stuttgarter
Kickers e.V.
Stigtingsdatum 21 September 1889
Tuisveld Gazi-Stadion auf der Waldau,
Stuttgart
Kapasiteit 11 544
Kompetisie {{{Kompetisie}}}
Die Gazi-Stadion auf der Waldau, Stuttgart

Stuttgarter Kickers is 'n Duitse sportklub in Stuttgart wat in 1889 as FC Stuttgarter Cickers gestig is. Die klub is veral bekend vir sy sokkerspan.

Tydens die Derde Ryk het die klub sy naam verander na SV Stuttgarter Kickers en meegeding in die Gauliga Württemberg.

Een van die klub se grootste prestasies was toe die klub die eindstryd om die DFB-pokal in 1987 gehaal het. Die klub kon ook al vir twee seisoene in die Bundesliga meeding.

Kickers het ook 'n handbal-, atletiek-, tafeltennis- en trompoppie-afdeling.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne