Suid-Afrikaanse Astronomiese Sterrewag | |
---|---|
Die terrein van die Suid-Afrikaanse Astronomiese Sterrewag by Sutherland. Met die Suider-Afrikaanse Groot Teleskoop.
| |
Land | Suid-Afrika |
Organisasie | Nasionale Navorsingstigting van Suid-Afrika |
Kode | 51, B31, A60, L66 |
Ligging | Hoofkantoor in Observatory, Kaapstad Hoofteleskope in Sutherland, Noord-Kaap |
Gestig |
|
Webtuiste | saao |
Teleskoop | Suider-Afrikaanse Groot Teleskoop (SALT) Infrared Survey Facility MONET SuperWASP-South ACT Solaris-1 MeerLICHT |
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Sterrewag (SAAO; Engels: South African Astronomical Observatory) is die nasionale sentrum vir optiese en infrafooisterrekunde in Suid-Afrika. Dit is in 1972 gestig en word bestuur deur die Nasionale Navorsingstigting van Suid-Afrika. Die sterrewag doen navorsing in sterrekunde en astrofisika. Die hoofteleskope is geleë in Sutherland, Noord-Kaap, wat 370 km is van Observatory, Kaapstad, waar die hoofkantoor geleë is.[2]
Die SAAO het wêreldwyd bande vir wetensakplike en tegnologiese samewerking. Instrumentele bydraes van die sterrewag sluit in die ontwikkeling van 'n sferieseafwykingskorrigeerder en die Suider-Afrikaanse Groot Teleskoop (SALT).
Die middagkanon op Vlaeberg in Kaapstad word met afstandbeheer afgevuur met 'n tydsein van die sterrewag af.