Suid-Afrikaanse Museum | |
Die voorkant van die museum
| |
Ander name | (en) Iziko South African Museum |
---|---|
Plek | Kaapstad |
Land | Suid-Afrika |
Openingsjaar | 1825 |
Tipe museum | Dierkunde, paleontologie, argeologie |
Webtuiste | www.iziko.org.za |
Die Suid-Afrikaanse Museum (Engels: Iziko South African Museum) is 'n natuurhistoriese museum in Kaapstad, Suid-Afrika. Die museum is in 1825 gestig en het in 1897 na sy huidige ligging in Koningin Victoriastraat verhuis. Afkortings vir die museum is: SAM, SAMC en SAMCT.
Die versamelings bestaan uit fossiele van byna 700 miljoen jaar oud tot insekte en visse. Een van die groot versamelings is van vlinders.
Albert John Hesse was die kurator van die museum vir 51 jaar vanaf 1924 tot 1974.