Suid-Afrikaanse Musiekpryse
| ||
![]() | ||
Die SAMA-logo wat sedert 2016 gebruik word | ||
Toegeken vir | Uitmuntendheid in die musiekbedryf van Suid-Afrika | |
Borg | Recording Industry of South Africa | |
Land | ![]() | |
Eerste toekenning | 1995 | |
Webtuiste | samusicawards.co.za |
Die Suid-Afrikaanse Musiekpryse (Engels: South African Music Awards) is 'n jaarlikse seremonie waartydens Suid-Afrikaanse musikante met pryse vereer word. Die seremonie word deur die Recording Industry of South Africa (RiSA) gereël. Die wenner van elke afdeling ontvang 'n beeldjie wat 'n SAMA genoem word. Die geleentheid is vir die eerste keer in 1995 aangebied. Benoemings word vroeg in die jaar gemaak op grond van die vorige jaar se prestasies. Die vertoning word meestal by die Superbowl in Sun City aangebied, maar is ook al by die Sandton-konferensiesentrum,[1] Montecasino in Fourways[2] en die Inkosi Albert Luthuli Internasionale Konferensiesentrum in Durban[3] aangebied. Dit word gewoonlik op nasionale televisie uitgesaai, met regstreekse optredes deur mense wat vir pryse benoem is. Die Suid-Afrikaanse Musiekpryse is soortgelyk aan die Grammy-pryse wat in die Verenigde State van Amerika aangebied word.