Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (SADOU) is die grootste vakbond vir onderwysers in Suid-Afrika. Dit is geallieer met die nasionalistiese regerende party, die African National Congress (ANC), en is 'n filiaal van die vakbondfederasie Congress of South African Trade Unions (COSATU).
Volgens die tydskrif The Economist is die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel een van die swakstes ter wêreld. Die tydskrif blameer SADOU vir "'n tekort aan aanspreeklikheid en die hopelose gehalte van die meeste onderwysers".[1]
Die Departement van Basiese Onderwys het SADOU as 'n struikelblok geïdentifiseer wat die regering se pogings om onderwys te verbeter, vertraag. Minister Angie Motshekga het die vakbond se invloed as 'n "wurggreep" op onderwys beskryf.[2]