Die Suid-Afrikaanse parlementsverkiesing van 1974 het op 24 April 1974 plaasgevind.
Die Nasionale Party het sy posisie van 1970 verbeter, en vyf meer setels gewen. Die regse Herstigte Nasionale Party van Albert Hertzog het weer geen setels gewen nie. Die amptelike opposisie, die Verenigde Party van De Villiers Graaff, het 6 setels verloor. Die grootste wenner was die Progressiewe Party, wat 5 setels wen. Later het die party nog een setel gewen, na die verkiesing in Pinelands. Die party, wat vanaf 1961 met een setel in die parlement verteenwoordig is (in die persoon van Helen Suzman), is beloon vir haar doeltreffende opposisie teen apartheid.