Die Suid-Afrikaanse munisipale verkiesings van 2016 is op 3 Augustus 2016 in alle distrikte en Plaaslike Munisipaliteite van al 9 Suid-Afrikaanse provinsies gehou. Dit is op 6 April 2016 amptelik aangekondig.[1]
Munisipale verkiesings word elke vyf jaar gehou, die vorige munisipale verkiesing is in 2011 gehou en die volgende een in 2021.
Die munisipale verkiesings van 2016 het die lede van die distriks-, metropolitaanse en plaaslike munisipale rade verkies, wat op hulle beurt die burgemeesters van die munisipaliteite verkies het.[2]