Suidelike Kroon | ||||
![]() | ||||
Latynse naam | Corona Australis | |||
Genitief | Coronae Australis | |||
Afkorting | CrA | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 19h | |||
Deklinasie | -40º | |||
Grootte | 128 vk. grade (80ste) | |||
Kwadrant | SQ3 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 6 | |||
Helderste ster | Alpha Coronae Australis | |||
Naaste ster | HD 166348 | |||
Sterre helderder as 3 m | 0 | |||
Sterre met planete | 1 | |||
Messier-voorwerpe | 0 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 14 | |||
Meteoorreëns | Corona Australiede | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Boogskutter, Skerpioen, Altaar, Teleskoop | ||||
|
Die Suidelike Kroon (Latyn: Corona Australis) is ’n klein sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde.
Die Antieke Grieke het die sterrebeeld beskou as ’n blomkrans eerder as ’n kroon en het dit verbind met die Boogskutter of Sentour. Alpha en Beta Coronae Australis is die helderste twee sterre, met ’n oënskynlike magnitude van sowat 4,1. Hoewel die Suidelike Kroon nie helder is nie, het dit ’n kenmerkende voorkoms. Dit bevat een van die naaste stervormende streke aan die Aarde.