Supermaan

Die supermaan van 14 November 2016 was 356 511 km[1] van die middel van die Aarde af, die naaste sedert 1948. Dit sal eers weer in 2034 so naby wees.[2]
Die supermaan van 19 Maart 2011 (regs) in vergelyking met die gemiddelde maan van 20 Desember 2010, soos van die Aarde af gesien.

’n Supermaan is ’n volmaan of donkermaan wat min of meer ooreenstem met die naaste stand van die Maan aan die Aarde in sy elliptiese wentelbaan, wat tot gevolg het dat die Maan groter as gewoonlik lyk.[3] Die tegniese term daarvoor is die perigeumsamestand van die Aarde-Maan-stelsel. Die woord "supermaan" is nie werklik ’n sterrekundige term nie, maar het in moderne astrologie ontstaan.[4]

Die teenoorgestelde term, apogeumsamestand, is al ’n mikromaan genoem,[5] maar is nie so algemeen nie.

Die mees onlangse supermaan was op 24 Junie 2017 en die volgende een sal op 3 Desember 2017 wees.[6][7] Die een op 14 November 2016 was die naaste supermaan sedert 26 Januarie 1948, en sal nie oortref word tot 25 November 2034 nie.[8] Die naaste supermaan van die 21ste eeu sal plaasvind op 6 Desember 2052.[9]

Soms val ’n supermaan saam met ’n algehele maansverduistering. Dit het laas in September 2015 gebeur, en die volgende een sal in Oktober 2033 wees.[10]

  1. ""Super Moon" exceptional. Brightest moon in the sky of Normandy, Monday, November 14 - The Siver Times". sivertimes.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2020.
  2. "Moongazers Delight — Biggest Supermoon In Decades Looms Large Sunday Night" (in Engels). 10 November 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2020.
  3. Staff (7 September 2014). "Revisiting the Moon". New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 8 September 2014.
  4. Phil Plait. "Kryptonite for the supermoon". Bad Astronomy (in Engels). Discover. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Oktober 2019. Besoek op 29 Augustus 2015.
  5. What is a micromoon? Timeanddate.com, besoek op 1 Oktober 2015
  6. When is the next Supermoon?, Vercalendario.info, besoek op 25 Mei 2017
  7. Super Moon facts Geargiveer 3 Desember 2017 op Wayback Machine, EclipseGeeks.com, besoek op 25 Mei 2017
  8. What is a supermoon?, http://earthsky.org/space/what-is-a-supermoon, besoek op 14 November 2016 
  9. Closest supermoon since 1948!, EarthSky, http://earthsky.org/tonight/closest-supermoon-since-1948, besoek op 14 November 2016 
  10. "'Super moon' coincides with lunar eclipse" (in Engels). BBC News. 28 September 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Oktober 2019. Besoek op 29 September 2015.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne