Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Oorsig | |
---|---|
Produksie | 1979–huidig |
Montering | Japan |
Bakwerk en onderstel | |
Bakstyl | 5-deurluikrug |
Uitleg | Voorenjin, voorwieldryf |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 658 cc Suzuki R06A I3 |
Ratkas | 5-ganghandrat CVT outomaties |
Lengte | 3395 mm |
Breedte | 1475 mm |
Hoogte | 1475–1500 mm |
Massa | 610 kg |
Asafstand | 2460 mm |
Die Suzuki Alto (スズキ·アルト) is 'n minimotor wat deur Suzuki gebou word. Sy goeie verkoopspunte is 'n bekostigbare prys en lae brandstofverbruik. Die model, wat tans in sy agtste geslag is, is die eerste keer in 1979 vrygestel en word in baie lande wêreldwyd gebou. Die Alto-embleem word dikwels op verskillende motors in Japan en in uitvoermarkte gebruik, waar dit as 'n stadsmotortjie beskou word.
Die agtste geslag Alto is in Desember 2014 in Japan bekendgestel met 'n meer retro-stilering.[1] Die nuwe Alto is ontwerp vir 'n baie lae brandstofverbruik, en is 60 kg ligter as die vorige model.[1] Dit is bereik met "Suzuki groentegnologie" vir die bakwerk en enjin, en het gelei tot die motor met 'n verklaarde brandstofverbruik van 37 km/L.[2] Die nuwe Alto is beskikbaar met 'n natuurlikgeaspireerde 658 cc inlyndriesilinderenjin, of 'n turbo-aangejaagde weergawe van dieselfde kragbron.[2] Dit is beskikbaar met 'n 5-ganghandratkas of 'n CVT outomatiese ratkas.[2] 'n Turbo RS variant word verwag om in produksie te tree teen Maart 2015.