Swartoogsterrestelsel | ||||
![]() | ||||
Die Swartoogsterrestelsel, of M64, soos gesien deur die Hubble-ruimteteleskoop. | ||||
Soort stelsel | Spiraalsterrestelsel | |||
Sterrebeeld | Berenike se Hare | |||
Messier-naam | Messier 64 | |||
Tipe | (R)SA(rs)ab, HIISy2 | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 12h 56m 43,7s | |||
Deklinasie | +21º 40' 58" | |||
Skynmagnitude | 9,36 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 24 miljoen | |||
Skynbare grootte | 10,71' × 5,128' | |||
Rooiverskuiwing | +0,001361 | |||
Ander name | NGC 4826, UGC 8062, PGC 44182, Bose Oog | |||
|
Die Swartoogsterrestelsel (ook bekend as onder meer Messier 64 en NGC 4826) is ’n spiraalsterrestelsel in die sterrebeeld Berenike se Hare. Dit is in Maart 1779 deur Edward Pigott ontdek en in April dieselfde jaar onafhanklik deur Johann Elert Bode asook in 1780 deur Charles Messier, wat dit in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem het.
Dit het ’n skouspelagtige, donker strook van absorberende lig voor die helder kern, vandaar die naam "Swart Oog" of "Bose Oog". Dit is deur klein teleskope sigbare en dus goed bekend onder amateur-sterrekykers.