Swjatowid (ook Svetovid, Suvid, Svantevit, Zvantevith, Świętowit, ens.) was die Slawiese god van oorlog, vrugbaarheid en oorvloed. Soms word na hom verwys as Beli (of Bjali) Wid (of Vide) (Beli = wit, helder), soos in ’n Serwiese volksgedig:
Vojevao Beli Vide
Tri god'ne s kleti Turci
A čet'ri s crni Ugri...
In Afrikaans:
Wit Wid het oorlog gevoer –
Drie jaar teen die vervloekte Turke
En vier teen die swart Hongare...