T.T. Cloete | |
Geboortenaam | Theunis Theodorus Cloete |
---|---|
Gebore | 31 Mei 1924 Vredefort, Oranje-Vrystaat |
Oorlede | 29 Julie 2015 (op 91) Potchefstroom, Noordwes |
Alma mater | PU vir CHO |
Titel | Professor |
Instelling | Universiteit van Port Elizabeth PU vir CHO |
Vakgebied | Letterkunde |
Bekend vir | Verskeie digbundels |
Eerbewyse | Hertzogprys W.A. Hofmeyrprys Ingrid Jonkerprys |
Webblad | ttcloete.com |
Theunis Theodorus Cloete (1924–2015) was 'n bekroonde Afrikaanse digter, Bybelvertaler, letterkundige en akademikus. In die 1970’s was hy by die hersiening van die Afrikaanse Kerkgesange betrokke en later by die 1983-vertaling van die Bybel in Afrikaans.[1] Cloete was vir lank aan die Potchefstroomse Universiteit (nou Noordwes-Universiteit) se Skool vir Tale en Skryfkuns verbonde. Hy het verskeie pryse vir sy werke ontvang, onder andere die Ingrid Jonker-prys, W.A. Hofmeyr-prys, Hertzogprys (twee keer) en die Andrew Murray-prys. Cloete skryf aanvanklik onder die skuilnaam T. Jansen van Rensburg (sy oupa se naam) en publiseer verskeie van sy gedigte in tydskrifte onder die skuilnaam om die water te toets voor hy in 1980 met Angelliera debuteer.