TSV 1896 Rain

TSV 1896 Rain

Volledige naam Turn- und Sportverein 1896
e.V. Rain am Lech
Stigtingsdatum 10 Januarie 1896
Tuisveld Georg Weber-stadion,
Rain (Lech)
Kapasiteit 3 400
Kompetisie Oberliga Beiere

TSV 1896 Rain is 'n sportklub uit Rain (Lech) in die deelstaat Beiere in Duitsland. Behalwe sokker, het die klub ook onder meer afdelings vir swem, kegelbal, basketbal, handbal, gimnastiek, taekwondo, tafeltennis, atletiek, ski, pluimbal en liggaamsbou.

Die klub is op 10 Januarie 1896 gestig as 'n gimnastiekklub genaamd TV Rain. 'n Onafhanklike sokkerklub genaamd FC Rain is intussen op 31 Augustus 1920 in Rain gestig. As gevolg van die Tweede Wêreldoorlog het die twee klubs in 1941 tydelik saamgesmelt om Turn- und Sportgemeinschaft Rain am Lech te vorm. Na die oorlog het die klubs weer hulle eie gang gegaan, maar in 1946 is daar weer besluit om saam te smelt en die huidige klub is tot stand gebring.

Die klub se grootste presatsie was om die hoofrondte van die DFB-Pokal in 2000 te haal, waar daar in die eerste rondte met 7-0 verloor is teen FC Schalke 04 voor 'n tuisskare van 6 000.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne