Takuma Sato

Takuma Sato
Takuma Sato in 2013
Takuma Sato in 2013
Geboortedatum 28 Januarie 1977 (1977-01-28) (48 jaar oud)
Geboorteplek Tokio, Japan
Nasionaliteit Vlag van Japan Japannees
Aktiewe jare 2002–
Ou span(ne) Jordan, BAR, Super Aguri
Inskrywings 92 (90 begin)
Kampioenskappe 0
Oorwinnings 0
Podiums 1
Loopbaanpunte 44
Voorste wegspronge 0
Vinnigste rondtes 0
Eerste F1-wedren 2002 Australiese Grand Prix
Laaste inskrywing 2008 Spaanse Grand Prix

Takuma Sato (佐藤 琢磨, Satō Takuma, gebore 28 Januarie 1977 in Tokio, Japan) is 'n Japannese beroepsrenjaer. Hy neem tans voltyds deel aan die IndyCar-reeks in Amerika.

Hy het voorheen gereeld vir die Super Aguri-span in Formule Een deelgeneem.

Sato het die Indianapolis 500 tweekeer gewen, in 2017 en 2020. Hy was die eerste Asiatiese jaer wat die Indianapolis 500 gewen het,[1] en die twintigste jaer wat die wedren meer as een keer gewen het. Voordat hy die Indianapolis 500 gewen het, het Sato die eerste Japannese-gebore jaer geword wat 'n IndyCar Series-ren gewen het toe hy die 2013 Grand Prix van Long Beach gewen het. Hy ry tans vir Dale Coyne Racing saam met Rick Ware Racing.[2]

Sato jaag sedert 2010 voltyds in die IndyCar-reeks vir KV Racing Technology, Rahal Letterman Lanigan Racing, A. J. Foyt Enterprises, en Andretti Autosport, almal met Honda-enjins.

Hy het van 2002 tot 2008 aan Formule Een deelgeneem vir die Honda-aangedrewe Jordan-, BAR- en Super Aguri-spanne en 'n enkele podium by die 2004 Verenigde State Grand Prix behaal. Sy 8ste plek in die 2004 Formule Een Wêreldjaerskampioenskap is die beste uitslag ooit vir 'n Japannese jaer in die reeks.[3]

Sato het bekend geword onder aanhangers en media[4][5] vir sy leuse "geen aanval, geen kans" met betrekking tot sy renstyl.

  1. Malsher, David (28 Mei 2017). "Indy 500: Sato wins after thrilling shootout with Castroneves". Motorsport.com. Motorsport Network. Besoek op 28 Mei 2017.
  2. Brown, Nathan (9 Desember 2021). "Dale Coyne Racing confirms addition of Takuma Sato to replace Romain Grosjean". The Indianapolis Star (in Engels). Besoek op 9 Desember 2021.{{cite web}}: AS1-onderhoud: url-status (link)
  3. "Japan • STATS F1". www.statsf1.com. Besoek op 7 Augustus 2019.
  4. "No Attack, No Chance: Takuma Sato Wins 104th Indianapolis 500". sports.yahoo.com. Besoek op 2 September 2020.
  5. Weaver, Matt (24 Augustus 2020). "No Attack, No Chance: Takuma Sato Wins 104th Indianapolis 500". Autoweek. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Mei 2022. Besoek op 2 September 2020.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne