Tangare

Tangare
Die pragtangaar, Tangara seledon.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
(Cabanis, 1847)
Genera

Baie; sien teks.

Tangare is die voëls van die familie Thraupidae, sangvoëls wat in die Amerikas voorkom. Hulle is die tweede grootste voëlfamilie en bevat sowat 4% van alle voëlspesies en 12% van die Neotropiese voëls.[1] Sowat 240 spesies is tradisioneel beskryf, maar die taksonomiese hantering is op die oomblik veranderlik. Namate meer tangare met behulp van moderne molekulêre tegnieke bestudeer word, word verwag dat sommige genera na ander plekke geskuif sal word. Spesies in die genera Euphonia en Chlorophonia, wat eers in Thraupidae geval het, word nou beskou as lede van Fringillidae en het hul eie subfamilie (Euphoniinae). Net so lyk dit of die genera Piranga, Chlorothraupis en Habia lede van die familie Cardinalidae is,[2] en die Amerikaanse Ornitologiese Vereniging het hulle reeds daarheen geskuif.

  1. Burns, K.J. (2014). "Phylogenetics and diversification of tanagers (Passeriformes: Thraupidae), the largest radiation of Neotropical songbirds". Molecular Phylogenetics and Evolution. 75: 41–77. doi:10.1016/j.ympev.2014.02.006. PMID 24583021.
  2. Yuri, T.; Mindell, D. P. (Mei 2002). "Molecular phylogenetic analysis of Fringillidae, "New World nine-primaried oscines" (Aves: Passeriformes)". Molecular Phylogenetics and Evolution. 23 (2): 229–243. doi:10.1016/S1055-7903(02)00012-X. PMID 12069553.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne