Taurides

Taurides
Moederliggaam  2P/Encke
Uitstralingspunt
Sterrebeeld  Bul
Eienskappe
Voorkoms  Suidelik: 10 September –
20 November
Noordelik: 20 Oktober –
10 Desember
Hoogtepunt  Suidelik: 10 Oktober
Noordelik: 12 November
Spoed  27 km/s
Sterre per uur  5

Die Taurides is ’n meteoorreën wat verbind word met Komeet 2P/Encke, of Encke se Komeet. Hulle word so genoem vanweë hul uitstralingspunt wat in die sterrebeeld Bul (Taurus) lê.

Encke en die Taurides is vermoedelik oorblyfsels van ’n baie groter komeet wat oor die afgelope 20 000 tot 30 000 jaar verbrokkel het.[1] Dié stroom deeltjies is die grootste in die binneste Sonnestelsel. Omdat die stroom taamlik versprei is, duur dit verskeie weke vir die Aarde om daardeur te beweeg en hou die meteoorreën baie lank aan in vergelyking met ander reëns. Die Taurides bestaan ook uit swaarder materiaal: klippies in plaas van stof.[2]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Babadzhanov2008
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named NASA2005

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne