Teenpous Dioscurus | |
---|---|
Geboorteplek | Egipte |
Sterfdatum | 14 Oktober 530 |
Teenpous van | Pous Bonifatius II |
Begin van pontifikaat | 530 |
Einde van pontifikaat | 530 |
Periode | Slegs 22 dae |
Dioscurus (ook Dioscorus) was die sewende teenpous van die Rooms Katolieke Kerk vir 22 dae. Hy is verkies deur die kerkgemeenskap as teenpous van Pous Bonifatius II. Bonifatius is deur sy voorganger Pous Felix IV aangedui as pous. Sodanige aanduiding was onwettig en Dioscurus is as teenpous aangestel. Bonifatius het egter die steun van koning Athalarik van die Gote gehad.