Teenpous Filippus | |
---|---|
Geboorteplek | Lombardye |
Teenpous van | Pous Stefanus III |
Begin van pontifikaat | 31 Julie 768 |
Einde van pontifikaat | 1 Augustus 768 |
Filippus [1][2][3]was 'n teenpous vir slegs een dag op 31 Julie 768. Filippus was die ab van die klooster van St. Vitus in Rome en 'n kardinaal [4] (volgens Miranda), maar hy was afkomstig uit Lombardye. Nadat koning Desiderius van die Lombarde Rome verower het op graaf Toto van Nepi en sy broer Teenpous Constantinus II, benoem hy Filippus op 31 Julie 768 tot die nuwe pous. Die kerklike regbank ontslaan egter Constantinus offisieel op 1 Augustus en Filippus trek vrywillig terug.