Tefnoet | ||||||
![]() | ||||||
Die godin Tefnoet, met die kop van ’n leeuwyfie, sit op haar troon. | ||||||
Soort godin | Egipties | |||||
Godin van | Reën en vogtigheid | |||||
Naam in hiërogliewe |
| |||||
Kultussentrum | Heliopolis, Leontopolis | |||||
Simbool | Leeuwyfie | |||||
Ouers | Ra | |||||
Sibbes | Sjoe | |||||
Metgesel | Sjoe | |||||
Kinders | Geb en Noet | |||||
|
Tefnoet of Tefenet was in die Egiptiese mitologie ’n godin van reën, vogtigheid, dou en vogtige lug.[1] Sy is die suster en metgesel van die luggod, Sjoe, en die ma van Geb en Noet.
Haar naam beteken letterlik "daardie water"[2] en word verbind met die Egiptiese woord vir "spoeg".[3] Volgens sommige weergawes van die skeppingsmite het Ra (of Atoem) haar uitgespoeg, en haar naam is in latere tekste geskryf as ’n mond wat spoeg.[4]
Anders as ander gode het Tefnoet geen enkele simbool gehad nie.