Tegel | |
---|---|
Stadsdeel | |
![]() Die internasionale Tegel-lughawe van Berlyn | |
![]() Ligging in Berlyn | |
Koördinate: 52°35′0″N 13°17′0″O / 52.58333°N 13.28333°O | |
Land | ![]() |
Deelstaat | Berlyn |
Distrik | Reinickendorf |
Stigting | 1230 |
Oppervlak | |
• Totaal | 33,7 km2 (13,0 vk. myl) |
Hoogte | 35 m (115 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 34 868 |
• Digtheid | 1 035/km2 (2 680/vk. myl) |
Tydsone | UTC+1:00 (MET) |
• Somertyd | UTC+2:00 (MEST) |
Poskode | 13405, 13503, 13505, 13507, 13509 |
Skakelkodes | 030 |
Tegel is 'n stadsdeel in die administratiewe distrik Reinickendorf van Berlyn. Dit staan veral bekend vanweë die internasionale lughawe Otto Lilienthal (Berlin-Tegel) en die Justizvollzugsanstalt Tegel, een van die oudste en grootste gevangenisse in Duitsland.
Die stadsdeel is met sy Tegelmeer (Tegeler See) en die Greenwichpromenade (wat na Reinickendorf se Engelse susterstad Greenwich vernoem is) 'n gewilde ontspanningsgebied in die noorde van die Duitse hoofstad. Die Greenwichpromenade is die beginpunt van rondvaarte in die mere en binnewaters van Berlyn.
Die bekendste argitektoniese besienswaardighede is die kasteel Schloss Tegel (Humboldt-Schloss) met sy park, die ou dorpskerk van Alt-Tegel en die Borsigwerke, 'n uitgestrekte voormalige fabrieksterrein met die Borsig-toring. Vir die internasionale argitektoniese tentoonstelling Internationale Bauausstellung 1984-1987 is die nuwe Tegel-hawe by die voormalige nywerheidshawe gebou. Hier het die nuwe Humboldt-biblioteek en woonstelprojekte van verskeie internasionale argitekte ontstaan. Die Dicke Marie in Tegel word as Berlyn se oudste boom beskou.
Op die skiereiland Reiherwerder aan die wesoewer van die Tegelmeer is naas die Villa Borsig, die vroeëre woonhuis van 'n bekende plaaslike nyweraarsgesin, ook die gastehuis van die Duitse federale regering en die Akademie Auswärtiger Dienst, 'n opleidingsentrum vir Duitse en buitelandse diplomate, geleë.