Televangelisme verwys na die kommunikeer van die Christelike geloof via televisie. Die woord is 'n portmanteau van televisie en evangelisme en is deur Time-tydskrif in die Engels as Televangelism gemunt.[1] Televangeliste is Christelike predikers wat 'n aansienlike aandeel van hul preke op televisie uitsaai. Die term word ook spottenderwys deur kritici aangewend om die selfverheerliking van sulke predikers te insinueer.