Die oorspronklike Telstar het 'n amper sferiese vorm gehad. | |||||
COSPAR-ID | 1962-029A[1] | ||||
---|---|---|---|---|---|
SATCAT-nr. | 340 | ||||
Sendingstydsduur | 7 maande en 11 dae | ||||
Ruimtetuigeienskappe | |||||
Vervaardiger | Bell Labs | ||||
Lanseermassa | 78 kg | ||||
Begin van sending | |||||
Lanseerdatum | 10 Julie 1962 | ||||
Vuurpyl | Thor-Delta | ||||
Lanseerplek | Kaap Canaveral LC-17B | ||||
Omwentelingsparameters | |||||
Verwysingstelsel | Geosentries | ||||
Perigeenhoogte | 952 kilometer | ||||
Apogeenhoogte | 5 933 kilometer | ||||
Helling | 44.8° | ||||
Periode | 2 ure 37 minute | ||||
- | |||||
| |||||
Telstar |
Telstar 1 is 'n uitgediende kommunikasiesatelliet wat op 10 Julie 1962 deur NASA gelanseer is. Die satelliet het die eerste lewendige uitsending van televisiebeelde tussen die Verenigde State van Amerika en Europa moontlik gemaak. Telstar 1 was egter net vir sewe maande aktief voor dit ophou werk het as gevolg van die Starfish Prime-kernontploffing op hoë-hoogte wat deur die VSA uitgevoer is. Alhoewel die satelliet in onbruik is, wentel dit nog steeds om die Aarde.