![]() Samestelling van beelde deur die Deep Impact-impaktor | |
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur: | Wilhelm Tempel |
Ontdekkingsdatum: | 3 April 1867 |
Wenteleienskappe | |
Epog: | 31 Julie 2016 |
Perihelium: | 1,542 AE[1] |
Lengteas: | 3,145 AE |
Eksentrisiteit: | 0,5096 |
Wentelperiode: | 5,58 jaar |
Baanhelling: | 10,474° |
Tempel 1 (amptelike naam: 9P/Tempel) is ’n kortperiodekomeet van die Jupiterfamilie wat in 1867 deur Wilhelm Tempel ontdek is. Dit voltooi elke 5,5 jaar ’n wentelbaan om die Son. Tempel 1 was in 2005 die teiken van die Deep Impact-ruimtesending, waartydens ’n opsetlike hoëspoedbotsing teen die komeet gefotografeer is. Dit is op 14 Februarie 2011 weer besoek, dié keer deur die Stardust-ruimtetuig. Dit het in Augustus 2016 weer sy perihelium bereik.