Temple-universiteit (Temple of TU) is 'n staatsverwante navorsingsuniversiteit wat geleë is in Philadelphia, Pennsilvanië. Dit was gestig in 1884 deur die by Baptiste Priester, Russell Conwell. In 1882 het Conwell na Pennsilvanië vertrek om die Grace Baptist Church te lei; en terselfdertyd begin om klas te geen aan werkersklas burgers in die aand, ten einde hul werkskedules te akkommodeer. Hierdie studente, wie later genoem is "naguile", het opleiding in die kelder van Comwell se Baptist Temple ontvang, en daarom dan die oorsprong van die universiteit se naam, en gelukbringer. Teen 1907 het die instelling sy status hersien, en was dit geïnkorporeer as 'n universiteit.[1][2]
Teen 2017 was daar meer as 40,000 voorgraadse, nagraadse en professionele studente ingeskryf in meer as 500 akademiese graad-programme, wat aangebied word in liggings vanoor die wêreld, insluitende agt kampusse regoor Pennsilvanië, Rome en Tokio.[3] Temple Universiteit is een van die grootste verskaffers van professionele opvoeding, (Regte, geneeskunde [medisyne], podiatrie, aptekerswese, tandheelkunde en argitektuurstudies) en berei die grootste aantal professionele praktisyns in Pennsilvanië op.[4][5]