Tenzing Norgay | |
---|---|
Tenzing Norgay in 1967 | |
Gebore | Namgyal Wangdi 29 Mei 1914 |
Sterf | 9 Mei 1986 (op 71) |
Nasionaliteit | Nepal Indië |
Beroep | Sjerpa |
Bekend vir | eerste bestyging van Berg Everest saam met Edmund Hillary op 29 Mei 1953 |
Eggenoot | Dawa Phuti, Ang Lahmu, Dakku |
Kinders | Pem Pem, Nima, Jamling en Norbu |
Tenzing Norgay (29 Mei 1914 – 9 Mei 1986) was 'n Nepalese Sjerpa-bergklimmer. Hy en Edmund Hillary was op 29 Mei 1953 die eerste mense wat die piek van Berg Everest bereik het. In Julie 2015 is 'n bergreeks van sowat 3 350 meter hoog op die dwergplaneet Pluto voorlopig en informeel "Norgay Montes" genoem ter ere van hom.