Teologiese Skool Burgersdorp

Die gebou waarin die Teologiese Skool met sy stigting op 29 November 1869 gehuisves is, voor dit vergroot is.

Die Teologiese Skool Burgersdorp was die opleidingskool van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika op Burgersdorp in die Noordoos-Kaap waar predikante en onderwysers van 1869 tot 1905 opgelei is, toe die skool na Potchefstroom verskuif het. Daar was dit die voorloper van die latere Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys, nou die Potchefstroomse kampus van die Noordwes-Universiteit.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne