Termogravimetrie (TG of TGA) is 'n analitiese tegniek wat weegtegniek en termiese beheer met mekaar verbind.
In 'n Termogravimetriese instrument hang die een arm van die juk van 'n elektroniese balans in 'n oond wat se temperatuurverloop met 'n rekenaar geprogrammeer kan word, hoewel dit gewoonlik net vir verhitting geld. Koeling is gewoonlik nie programmeerbaar nie. Daar is gewoonlik ook 'n gasstroom deur die oond van 'n inerte gas soos stikstof. In sommige instrumente kan 'n oorskakeling naar 'n tweede gas soos suurstof or lug geprogrammeer word.[1]