The Catcher in the Rye
| |
---|---|
![]() | |
Skrywer | J.D. Salinger |
Omslagontwerper | E. Michael Mitchell[1][2] |
Land | ![]() |
Taal | Engels |
Onderwerp | Roman |
Genre | Realistiese fiksie, Komende-fiksie |
Uitgewer | Little, Brown and Company |
Uitgegee | 16 Julie 1951 |
Medium | Druk |
Bladsye | 214 |
ISBN | 978-0-241-95042-5 |
The Catcher in the Rye is 'n boek deur J.D. Salinger oor ’n seun, Holden Caulfield, wat uit die skool wegloop en New York toe gaan. Die boek, waarvan die titel geïnspireer is deur een van die Skotse digter Robert Burns se gedigte, Comin' Thro' the Rye,[3] is die eerste keer in 1951 in die Verenigde State gepubliseer. Dit is veral gewild onder jong mense omdat dit oor die probleme en ervarings van adolessente gaan.[4]
Die boek was veral in die 1950's omstrede vanweë die growwe taalgebruik en die vrye behandeling van seks en prostitusie daarin. Sommige mense het ook gedink dat dit ander tot die pleeg van misdade sou oorhaal. Terwyl baie mense glad nie van die boek hou nie, vereenselwig jongmense (veral seuns) hulle met die storie. Om hierdie rede vereis baie skole dat hul studente die boek lees.[5][6]
Ongeveer 1 miljoen kopieë van die boek word jaarliks verkoop, met totale verkope wat al oor die 65 miljoen strek. Die boek is in amper al die groot tale van die wêreld vertaal. Dit het die protagonis (hoofkarakter) van die roman oor die wêreld heen 'n ikoon van tieneropstand gemaak.[7]