The Killers

The Killers
The Killers tydens 'n optrede in 2006. Van links na regs: Dave Keuning, Ronnie Vannucci jr. (agter), Brandon Flowers, en Mark Stoermer.
Agtergrondinligting
OorsprongLas Vegas, Nevada (VSA)
GenresSintetiese pop, rock
Jare aktief2002 — hede
EtiketteIsland, Vertigo, Marrakesh Records
Webwerfthekillersmusic.com
LedeBrandon Flowers
Dave Keuning
Mark Stoermer
Ronnie Vannucci jr.
Preview warning: Sjabloon:Inligtingskas Musikale kunstenaar met onbekende parameter "huidige_lede"

The Killers is 'n musiekgroep wat in 2002 in Las Vegas, Nevada (VSA) tot stand gekom het. Die groep is saamgestel uit Brandon Flowers wat die voorsang en sintetiese klavier behartig, Dave Keuning op kitaar en agtergrondsang, Mark Stoermer op baskitaar en agtergrondsang, en Ronnie Vannucci jr. op perkussie en tromme. The Killers klink sterk na die klanke van die musiek van die 1980's. Die debuutalbum Hot Fuss (2004) het die groep kommersiële sukses meegebring. In 2006 het The Killers hul tweede ateljee-album, Sam's Town, vrygestel, en die kompilasieplaat Sawdust, wat b-kante, skaarse materiaal, sowel as nuwe snitte insluit, is in 2007 uitgegee. Die groep se derde vollengtestudioalbum, Day & Age, is deur Stuart Price geproduseer en het in November 2008 op die rakke verskyn.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne