The Reader | |
---|---|
Regisseur | Stephen Daldry |
Produksieleier | Anthony Minghella Sydney Pollack |
Draaiboek | David Hare |
Met | Kate Winslet David Kroß Ralph Fiennes |
Musiek deur | Nico Muhly |
Kinematografie | Chris Menges Roger Deakins |
Redigeerder | Claire Simpson |
Verspreider | The Weinstein Company |
Uitgereik | 10 Desember 2008 |
Speeltyd | 124 minute |
Land | VSA, Duitsland, VK |
Taal | Engels |
Begroting | VS$32 miljoen |
Bruto wins | $83 249 214[1] |
The Reader (2008) is 'n Amerikaanse dramarolprent wat op die Duitse roman genaamd Der Vorleser, deur Bernhard Schlink, gebaseer is. Die rolprentweergawe is deur draaiboekskrywer en dramaturg David Hare geskryf en deur Stephen Daldry geregisseer. Ralph Fiennes en Kate Winslet verskyn saam met die jong akteur David Kroß.
Dit was die laaste rolprent vir vervaardigers Anthony Minghella en Sydney Pollack, wat vóór die uitreiking van die prent gesterf het.
Produksie het in September 2007 in Duitsland aangevang en die rolprent het op 10 Desember 2008 met 'n beperkte vrystelling geopen.