The Times of India (TOI) is 'n Indiese Engelstalige dagblad wat deur The Times Group besit word. Dit is volgens sirkulasie die derde grootste koerant in Indië en die grootste Engelstalige dagblad ter wêreld.[1][2][3][4][5][6] Dit is die oudste Engelse dagblad in Indië wat steeds in sirkulasie is,[7] met die eerste uitgawe wat in 1838 gedruk is. Dit is ook die tweede grootste Indiese koerant wat steeds in sirkulasie is, na die Bombay Samachar. Teen die begin van die 20ste eeu beskryf Lord Curzon, die Onderkoning van Indië, The Times of India as "die voorste koerant in Asië".[8][9] In 1991 benoem die BBCThe Times of India as een van die wêreld se ses beste koerante.[10][11]
↑"It's the best of Times". Rick Westhead (in Engels). The Star. 5 Februarie 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Februarie 2020. Besoek op 20 April 2018.
↑Sangita P. Menon Malhan (25 Julie 2013). The TOI Story. HarperCollins Publishers India. pp. 1945–. ISBN978-93-5029-664-6. Besoek op 22 Julie 2017.
↑Jaideep Bose (23 April 2013). "A daily in the life of India" (in Engels). Times of India. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Februarie 2020. Besoek op 23 Julie 2017.