The End of the F***ing World | |
![]() | |
Genre | |
---|---|
Geskep deur | Jonathan Entwistle |
Geskryf deur | Charlie Covell |
Geregisseer deur |
|
Met |
|
Produksie | |
Uitvoerende vervaardiger(s) |
|
Vervaardiger(s) | Kate Ogborn |
Uitsending | |
Oorspronklike kanaal | Netflix |
Oorspronklike lopie | 24 Oktober 2017 | – 4 November 2019
The End of the F***ing World is 'n Britse swartkomedie-dramareeks vir televisie. Die eerste seisoen van agt episodes het op 24 Oktober 2017 die eerste keer op Channel 4 in Brittanje verskyn. Netflix het die internasionale verspreiding hanteer en dit op 5 Januarie 2018 internasionaal uitgereik.
Die reeks gaan oor James (Alex Lawther), 'n 17-jarige wat glo hy is 'n psigopaat, en Alyssa Foley (Jessica Barden), 'n klasmaat wat altyd kwaad is en in James die kans sien om van haar onstuimige huislewe te ontsnap. Gemma Whelan, Wunmi Mosaku, Steve Oram, Christine Bottomley, Navin Chowdhry, Barry Ward en Naomi Ackie verskyn in byrolle.
Die reeks is gebaseer op Charles Forsman se ministrokiesboek The End of the Fucking World, wat in 2013 in 'n boek saamgevat is. 'n Kortfilm is in 2014 gemaak, maar dit word nou as verlore beskou. 'n Reeks met agt dele is in April 2017 begin skiet. Dit is geskryf deur Charlie Covell, en die episodes is geregisseer deur Entwistle en Lucy Tcherniak. In Augustus 2018 is die reeks vir 'n tweede seisoen hernu. Al agt episodes is op 5 November 2019 internasionaal op Netflix uitgereik nadat die première die vorige dag plaasgevind het.
Die reeks is geprys vir die uitvoering daarvan, die skryfwerk en die onderwerp, sowel as vir Lawther en Barden se toneelspel. Albei seisoene is benoem vir 'n Bafta vir beste dramareeks; die tweede seisoen het dit in 2020 gewen.[1]