The Oval | ||
Bynaam | Kia Oval | |
---|---|---|
Ligging | Kennington, Londen, Engeland | |
Koördinate | 51°29′1.4″N 0°6′54″W / 51.483722°N 0.11500°W | |
Eienaar | Hertogdom Cornwallis | |
Operateur | Surrey County Cricket Club | |
Kapasiteit | 25 500 | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Gebou | 1845 | |
Huurders | ||
Surrey (1846–hede) Corinthian-Casuals (sokker; 1950–1963) |
The Oval, ook genoem die "Kia Oval" weens borgskapredes, is 'n bekende internasionale krieketstadion in Kennington, Londen, Engeland. Dit het ook voorheen as "Kennington Oval" bekend gestaan.[1]
"The Oval" is die tuisveld van die Surrey County Cricket Club. "The Oval" was die eerste veld in Engeland en die tweede ter wêreld (ná die Melbourne-krieketveld in Australië) om toetskrieket aan te bied. Engeland se nederlaag teen Australië op 29 Augustus 1882 en die spottende reaksie van Australië het tot inrigting van Die As-kompetisie tussen albei nasionale krieketspanne gelei, wat sedertdien al om die twee jaar uitgespeel word. The Oval is al tydens vyf krieketwêreldbekertoernooie vir wedstryde ingespan: in 1975, 1979, 1983, 1999 en 2019. In 2009 is die veld vir die IKR se WêreldTwintig20 gebruik. Daarbenewens het The Oval wedstryde tydens die Kampioenetrofeë in 2004, 2013 en 2017 aangebied.