The Witness (vroeër die Natal Witness) is een van die oudste bestaande koerante in Suid-Afrika en het op 27 Februarie 1846, minder as 'n jaar ná die oudste koerant wat tans daagliks uitgegee word, The Herald, die eerste keer in Pietermaritzburg die lig gesien. Die eerste uitgewer van die koerant was David D. Buchanan.
The Witness verskyn sedert Januarie 1881 daagliks, kort ná die Cape Times (1876) en Daily News (1878), destyds die Natal Mercantile News.